Ancestry24 Careers24 Entertainment Fin24 Food24 Health24 Kalahari.net Mobile News24 Property24 Weather24 Wheels24 Women24 Sport24
Answerit

Resolved Question

Weet jy hoe bankrotskap begin het?

"Dit het alles in 1961 begin toe die geldstelsel van ponde na rande verander het, en my oortrokke bankrekening verdubbel het. Ek was net besig om daaraan gewoond te raak, toe bring hulle kilogramme in die plek van ponde en onse, en my fokken oes verminder met die helfte. Toe verander hulle die reënval van duime na millimeter, en ons het sedert daardie tyd nog nie weer 'n fokken duim reen gehad nie. Wat doen hulle toe? Bring 'n ding genaamd Celsius en die temperatuur daal met twintig grade. Geen wonder my mielies wil nie groei nie. Asof dit nie genoeg was nie, verander hulle grond, van morge na hektaar, en my plaas se grootte verminder met die helfte van wat ek oorspronklik geërf het. Dit is toe dat ek besluit om die plaas te verkoop. En glo my. Ek het pas my plaas in die Mark gesit, toe verander hulle myle na kilometer. Nou is my plaas so fokken vêr uit die dorp, dat niemand daarin belang stel nie!" 64 mths ago